Werk en strewe
Gaan jy uit om werk in die wingerd van die Heer
Om die vrugte te oes en te pars tot die sap
skoon en suiwer sal vloei - maar verwag dan geen eer
maar bly werk, en wees sterk, om die pers te trap.
Onbaatsugtige diens met die oes van die Heer
bring die wete dat God dit sal sien en beloon,
hoor jy eendag daarbowe die woord "Wees geëer,
gaan dan in O getroue, jy't liefde betoon".
Gaan jy uit om te oes wat geoes nog kan word
Want die akker is groot en die arbeiders min,
En te doien wat jy kan, dis jou roeping geword
Om jou naaste te maan dat die tyd is reeds min.
Jy moet weet dan jou God ook jou hande sal sterk;
Dis vir hom wat jy strewe om siele te wen.
Skenk jou God jou genade en wysheid in werk,
En jou loon is die sterre van siele gewen.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 6 Januarie 1980